Tim Benade – Getuigskrif

english version

Werkverrigting van waterpomp indrukwekkend

“Die werkverrigting van KM Hydraulic Solutions se 3 duim GMP hidrouliese pomp is indrukwekkend vir die verplasing van water en dit neem minder as 20 minute om 18,000 liter vanuit my watertenker te pomp,” sê Tim Benade.

Hy is vir die afgelope 16 jaar in Volksrus in Mpumalanga gesetel en benodig ‘n waterpomp wat teen slegs 1,000 rpm deur die hidrouliese stelsel van sy Mitsubishi vragmotor aangedryf kan word vir verskeie take op myn- en konstruksieterreine.

Die 3 duim GMP pomp benodig ‘n hidouliese vloei van ten minste 25 l/min en is uitstekend vir werksomstandighede waar ‘n hoë volume water teen ‘n lae druk benodig word. Die pomp kan tot 1,000 liter water per minuut verplaas en kan ook gebruik word om paaie nat te spuit.

“Toe my vorige waterpomp onklaar geraak het moes ek dit vinnig vervang om my stilstaantyd tot ‘n minimum te beperk. Ander faktore wat ek in ag geneem het was die aankoopprys van die nuwe pomp asook die pomp se onderhouds- en vervangingskoste,” verduidelik Benade.

“Michael Meyer van KM Hydraulic Solutions het goeie tegniese advies verskaf en het my ook gehelp om die waterpomp, mees geskik vir my behoeftes, te kies. Aflewering was vinnig wat my stilstandtyd verminder het.”

Belangrike motiveringsfaktore vir Benade se keuse was die bekostigbaarheid van die pomp, en nog meer belangrik, of dit herstel kon word.

“Ek het soortgelyke, maar duurder, pompe gevind wat op die mark beskikbaar is. Dié pompe moet egter heeltemal vervang word wanneer dit breek omrede hul komponente nie herstel kan word nie. KM Hydraulic Solutions se 3 duim GMP pomp kan herstel word en onderdele, soos flense en koppelings, is goedkoop en redelik beskikbaar,” sê hy. “Dit was maklik en eenvoudig om die pomp te installeer en sedertdien het dit betroubare en moeitevrye diens in moeilike toestande gelewer.”

Alhoewel Benade die pomp slegs gebruik om water mee te verplaas, is hy bewus daarvan dat dit ook geskik is om chemikalieë te pomp. Die pomp is van koolstofkeramiese stowwe vervaardig en die stuwer is bestand teen verroesting.