Sven Turner – Getuigskrif
English VeriosnHidrouliese waterpompe beslis aanbeveel
“Ek kan KM Hydraulic Solutions se hidroulies aangedrewe waterpompe beslis aanbeveel en moedig boere aan om dit vir brandbestryding te koop,” sê Sven Turner van Turner Agriculture Group. Hulle boer met 1,000 melkkoeie en verbou dennebome in Nottingham Road in die KZN-Middelande, terwyl mielies en soja op ‘n plaas in die Vrystaat verbou word.
Turner het oor die afgelope 15 jaar vier enkelfasig hidroulies aangedrewe waterpompe van KM Hydraulic Solutions aangeskaf. Die pompe benodig ‘n hidouliese vloei van ten minste 22 l/min teen 180 bar drukking om tot 250 liter water per minuut teen 6 bar met ‘n 12 mm spuitkop te kan pomp.
“Drie 2,500 liter watertenks is elk met een van die eenhede toegerus en word vir beide brandbestryding en gewasbespuiting gebruik. Die vierde pomp is aan ‘n 1,000 liter watertenker gekoppel en word slegs vir brandbestryding ingespan,” sê hy.
Turner is beïndruk met die veelsydigheid van die pompe. “Wanneer ons brandstroke voorberei kan ons die pompspoed verminder om ‘n lae volume water aan te wend terwyl die trekkerenjin stadig luier. Indien toestande verander en jy die vuur onder beheer moet kry, is dit slegs nodig om die hefboom te beweeg om ‘n groot volume water onmiddellik tot jou beskikking te hê.”
Die pompe het hul betroubaarheid oor baie jare bewys. “Dit is baie belangrik omrede jy nie enige onklaarhede kan bekostig terwyl jy ‘n vuur bestry nie,” verduidelik Turner. Hy voeg by dat veiligheid ook ‘n hoë prioriteit vir hulle is. “KM Hydraulic Solutions se waterpomp het geen kragaftakkeras wat tydens brandbestryding moontlik ‘n ongeluk kan veroorsaak of wat kan breek nie.”
“’n Verdere voordeel is dat die waterpompe ons in staat stel om brandstroke vinnig te maak wat besparing meebring omrede minder tyd aan dié taak bestee word,” voeg hy by. “Ongeag hul effens duurer aankoopprys, bied die pompe goeie waarde vir geld wanneer hul werkverrigting, effektiwiteit, betroubaarheid en maklike gebruik in ag geneem word. Die pompe is duursaam en word gerugsteun deur goeie klantediens van KM Hydraulics Solutions,” sê Turner.

