Basil Oellermann – Getuigskrif

English Veriosn

Sleep swaar sleepwavragte veilig

“Ek sal boere aanraai om hul trekkers met hidrouliese remkleppe toe te rus om swaar vragte, soos sleepwaens gevul met suikerriet of hout, veilig te sleep,” sê Basil Oellermann.

Hy boer met makadamianeute en suikerriet buite Stanger in KwaZulu-Natal en het oor die afgelope 10 jaar hidrouliese remklepstelsels van KM Hydraulic Solutions aangekoop en op vyf van sy trekkers aangebring.

Die regulerende remklep stel die bestuurder in staat om geleidelik te rem sonder om sy hande van die stuurwiel te neem. “Dit word aan die voetrem van die trekker gekoppel om die trekker en sleepwa veilig tot stilstand te bring in een eenvoudige beweging,” voeg hy by. Verbeterde veiligheid is een van die voordele wat vir Oellermann uitstaan. “Die remklep bied die trekkerbestuurder beter beheer tydens sleepwerk en ook om die sleepwa tot ‘n veilige stilstand te bring. Dit is veral belangrik tydens ‘n noodgeval asook wanneer swaar, volgelaaide sleepwavragte van tussen 7 en 20 ton gesleep word.” ‘n Tweede voordeel vir hom is die aansienlike vermindering in instandhoudingskoste van trekkers. “Die remklep werk vanaf die trekker se remme maar gee voorkeur aan die sleepwa se remme. Dit help om te die trekker se remme teen oorgebruik te beskerm en verminder herstelkoste.” “Ek het gevind dat oorgebruik van ‘n trekker se remme die lewensduur van die remme met tot 50% kan verminder en dat die remme elke 5,000 werksure vervang moet word in plaas van 10,000 werksure tydens dienstye,” verduidelik Oellermann.

“Nog ‘n voordeel van die remklep is dat minder skade aan die bande van die sleepwa aangerig word indien daar skielik stilgehou moet word. Die lewensduur van bande word verleng wat verdere besparings meebring.”

Ollermann is baie tevrede met die produk en diens wat hy van KM Hydraulic Services ontvang het. “Die remkleppe is maklik om te gebruik en het baie jare se moeitevrye diens verskaf. KM Hydraulic Services se personeel bied bekwame, vriendelike klantediens en hulle is altyd bereid om advies te gee oor die koppeling van die remklep,” sê hy.