Lyndon Steenberg – Getuigskrif

english version

Kundiges in waterpompe en hidroulika

“Ons soek nie goedkoop pompe nie en het oor die afgelope 15 jaar slegs hidroulies aangedrewe waterpompe van KM Hydraulic Solutions op ons brandbestrydingstenkwaens aangebring,” sê Lyndon Steenberg van Unicab.

Hulle vervaardig sleepwaens en vragmotorbakke op bestelling sedert 1994 in Eshowe vir klante dwarsdeur Suid-Afrika sowel as in Kameroen, Kongo, Malawi, Mosambiek, Namibië, Swaziland, Zambië asook die Filippyne.

Hul brandbestrydingsreeks sluit 5,000 liter watertenkers en -sleepwaens in wat met tweefasig hidroulies aangedrewe waterpompe toegerus is. Die pompe benodig ‘n hidouliese vloei van ten minste 30 l/min teen 150 bar drukking om tot 250 liter water per minuut teen 6 bar met ‘n 12 mm spuitkop (of 400 l/min teen 6 bar met ‘n 16 mm spuitkop) te kan pomp.

“Ons vervaardig gemiddeld 25 brandbestrydingseenhede per jaar. KM Hydraulic Solutions se hidroulies aangedrewe waterpompe is baie betroubaar en ons is nie bewus van klante wat enige probleme daarmee ondervind nie,” voeg Steenberg by. “Inteendeel, wanneer ons herhaalde bestellings van klante ontvang vir nuwe brandbestrydingstenkwaens, dring hulle altyd aan op dieselfde pomp.”

Hy verduidelik dat ‘n hidroulies aangedrewe waterpomp ‘n goeie oplossing bied om moontlike probleme op die toneel van die brand te verhoed.

“Wanneer ’n trekker aan ‘n watertenker gekoppel is moet die twee eenhede in ‘n reguit lyn wees sodat die kragaftakkeras kan werk. As gevolg van die terrein is dit tydens brandbestryding nie altyd moontlik nie. Die trekkerbestuurder moet dalk agteruit ry of kan ook paniekerig raak indien die brand te na aan hom beweeg. Dit kan veroorsaak dat die kragaftakkeras breek. Met KM Hydraulic Solutions se waterpompe, wat nie ‘n kragaftakkeras gebruik nie, is dit nie ‘n probleem nie.” Alhoewel daar baie verskaffers van pompe is, beskou Steenberg KM Hydraulic Solutions as deskundiges wanneer dit kom by die keuse van die korrekte pomp vir die trekker se hidroulika.

“Hulle weet wat hulle doen en is kundig in hidroulika. Ek waardeer hul kennis omrede dit aan my gemoedsrus verskaf. KM Hydraulics Solutions verskaf ook goeie klantediens en leweraltyds betyds af,” sê Steenberg.